Soorte resepte:

Resep: Soesji-rys

Soesji (Foto: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekos kookboek/Lapa Uitgewers)

Soesji is ʼn Japannese gereg wat oor die afgelope paar jaar baie gewildheid geraak het in Suid-Afrika. Hoewel die proses om soesji te maak nogal ingewikkeld is en ietwat van ʼn geoefende hand nodig het, is dit groot pret as jy vriende oornooi en hulle toelaat om hul eie te maak.

Rys is seker een van die belangrikste bestanddele van soesji. Die geheim van soesji-rys lê in die voorbereiding daarvan. Met dié resep sal jy dit sommer in ʼn japtrap bemeester.

Bestanddele:

  • 200 g soesji-rys
  • 450 mI koue water
  • 50 ml rysasyn
  • 5 ml versiersuiker
  • 5 ml gepekelde gemmer, fyngekap

Metode:

  1. Plaas die rys en die koue water in ʼn swaarboomkastrol en bring stadig tot kookpunt.
  2. Verminder die hitte tot die laagste verstelling sodra dit begin kook en bedek dit met foelie en ʼn deksel.
  3. Laat prut vir sowat 6 minute lank, totdat die meeste water geabsorbeer is.
  4. Moenie die deksel oopmaak nie, maar laat dit 5 minute lank staan om af te koel en die res van die water te absorbeer.
  5. Skep dit uit die pot en laat heeltemal afkoel.
  6. Roer die rysasyn, versiersuiker en gepekelde gemmer in.

Voel jy dalk geïnspireer om nou sommer self jou eie soesji te maak? Klik hier vir die volledige resep.

Bron: Die Suid-Afrikaanse Vis- en Seekos Kookboek
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.