Resep: Somer-farfalle

Somer-farfalle (Foto: Lapa-uitgewers)

Jy kan dié pasta warm óf koud voorsit.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 6 middelslag­tamaties, geskil, ontpit en grofgekap
  • 150 ml olyfolie
  • 20 basiliekruidblare, geskeur
  • 10 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml droë orego
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ansjovisfilette, grofgekap
  • 12 groen olywe, ontpit
  • 500g farfalle
  • 60 ml gerasperde parmesaankaas

Metode

  1. Meng die tamaties, olyfolie, basiliekruidblare en suurlemoensap.
  2. Voeg die orego by, geur met die swartpeper na smaak en meng goed. Roer die ansjovisfilette en olywe deur. Hou eenkant.
  3. Kook die pasta tot gaar maar nog al dente. Dreineer en skep in ’n verhitte opdienskottel.
  4. Voeg die parmesaankaas by die koue sous. Giet die koue sous oor die warm pasta, meng goed en sit voor.

Bron: Koskas kos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae