Soorte resepte:

[Resep] Sop met geroomde, songedroogde tamaties

Foto: Proe Pretville

Sop met geroomde, songedroogde tamaties. Foto: Proe Pretville

Daar is niks so lekker soos heerlike, warm sop in die winter nie.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 1 ui, fyngekap
  • ½ t droë basiliekruid
  • 2 e botter
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 1 blik tamatiesop
  • 2 k songedroogde tamaties in olie
  • 1 blokkie vleisaftreksel, verkrummel
  • sout en swartpeper na smaak
  • 1 ½ k room

Metode:

  1. Soteer die ui en kruie in botter tot sag.
  2. Voeg oorblywende bestanddele, behalwe room, by en verhit tot kookpunt.
  3. Prut vir 10 minute en roer deurgaans.
  4. Laat afkoel en verpulp tot glad.
  5. Voeg room by en verhit weer tot kookpunt.

Bron: Proe Pretville
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.