Hierdie lyk soos ʼn heerlike peuselhappie terwyl die res van die vleis gebraai word.
Lewer 4 porsies
Bestanddele:
- 1 vinkelbol, in 2,5 cm-blokkies gesny
- 1 rooi soetrissie, in 2,5 cm-blokkies gesny
- 16 ontpitte groen olywe
- 30 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 500 g varkworsies, in 2,5 cm-Iengtes gesny
- 8 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek
Metode:
- Meng die vinkel, soetrissie, olywe, olie, sout en peper in ʼn mengbak.
- Ryg die varkworsies, vinkel, soetrissie en olywe om die beurt op die sosatiestokkies.
- Smeer ʼn bietjie olie oor die braairooster en rangskik die sosaties daarop.
- Braai die sosaties vir 8-10 minute tot die worsies gaar is. Draai die sosaties af en toe om gedurende die braaityd.
Bron: Lekker en Vinnig – Sosaties
Uitgewer: Lapa