Soorte resepte:

Resep: Spek-en­-kersiesosaties

Spek-en-­kersiesosaties (Foto: Lapa Uitgewers)

Jy hoef nie te wag vir die hoofgereg nie – braai hierdie sosaties sommer vir voorgereg!

Lewer 10 porsies

Bestanddele

  • 20 spekrepies
  • 40 glanskersies
  • 60 ml heuning
  • 5 ml fyn kaneel
  • 15 ml bruinsuiker
  • 10 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode

  1. Sny die spekrepies in die helfte en draai een van die halwe repies om ʼn glanskersie.
  2. Ryg die toegedraaide kersie op ʼn sosatiestokkie.
  3. Herhaal die proses tot al die sosatiestokkies minstens 5 toegedraaide glanskersies op het.
  4. Meng die heuning, kaneel en bruinsuiker in ʼn mengbak. Hou eenkant tot benodig.
  5. Braai die sosaties vir ongeveer 2 minute op ʼn kant oor matige kole (dit kan maklik brand, so wees versigtig).
  6. Draai die sosaties om en verf van die gegeurde heuning oor. Draai die sosatie weer sodra dit gereed is en verf weer van die heuning oor.
  7. Braai vir nog ʼn minuut of twee en sit dadelik voor.

Bron: Vinnig en maklik: Sosaties
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.