Resep: Spek-en-rum-hoendersosaties

Spek-en-rum-hoendersosaties (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak hierdie heerlike sosaties vir Vadersdag!
Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 500 g braaisous
  • 60 ml donker rum
  • 1 kg hoenderfilette, in 2,5 cm blokkies gesny
  • 10 ml sout
  • 5 ml fyn wit peper
  • 2 ml knoffel-en-peper-speserygeursel
  • 2 ml ui-speserygeursel
  • 30 ml gerookte paprika
  • 45 ml styfgepakte bruin suiker
  • 6 spekrepe, in klein blokkies gesny
  • 8-10 sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode

  1. Meng die braaisous en rum goed saam.
  2. Meng die sous, wit peper, speserygeursels, paprika, bruin suiker en spek in ʼn voedselverwerker en pols tot dit heeltemal glad is.
  3. Vryf die hoendervleis goed met die speserymengsel en ryg dit op die sosatiestokkies.
  4. Braai die sosaties vir 5 minute per kant oor matige kole tot deur gaar.
  5. Verf die braaisous deurgaans oor die sosaties terwyl dit braai.
  6. Bedien dadelik saam met die res van die braaisous.

Bron: Lekker & vinnig: Sosaties

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae