Soorte resepte:

Resep: Stroperige hoender-en-groentesosaties

Stroperige hoender-en-groentesosaties (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike soetsuur-sosaties vir jou volgende braai.
Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 100 ml laenatrium-sojasous
  • 30 ml soetsuursous
  • 125 ml heuning
  • 1 ml varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml paprika
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 80 ml kanola-olie
  • 1 kg hoenderborsfilette, in 2,5 cm-blokkies gesny
  • 2 rooi soetrissies, ontpit en in middelslag-blokke gesny
  • 1 groot rooi ui, in groot wiggies gesny
  • 250 g knopiesampioene, steeltjies verwyder
  • 759 ml vars pynappelstukke
  • 12 stokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode

  1. Klits die sojasous, soetsuursous, heuning, peper, paprika, knoffel en olie saam in ʼn mengbak. Hou 80 ml van die marinade eenkant en gebruik as ʼn bedruipsous.
  2. Skep die vleisblokkies in een herseëlbare plastieksakkie en die groente in ʼn ander herseëlbare plastieksakkie. Giet die helfte van die oorblywende marinade oor die vleis en die ander helfte oor die groente. Verseël die sakkies en laat dit vir minstens 2 uur, maar verkieslik oornag, in die yskas marineer.
  3. Ryg die hoender, soetrissies, uie, sampioene en pynappel om die beurt op die sosatiestokkies.
  4. Braai die sosaties vir 15-20 minute oor matige kole of tot gaar genoeg na smaak.
  5. Draai die sosaties gereeld en verf die oorskietmarinade gedurende die braaityd oor.
  6. Sit dadelik voor.

Bron: Lekker & Vinnig: Sosaties

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.