Soorte resepte:

Resep: Suurlemoen-en-knoffelhoender

Foto ter illustrasie (Foto: Marcin Kolacz/Pixabay)

Hierdie prutpotresep kan maklik aangepas word om bestanddele in te sluit wat in jou koskas beskikbaar is. Hoenderboudjies of -borsies kan gebruik word sowel as droë Italiaanse kruie of droë roosmaryn en tiemie.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 1 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • 500 g wortels, geskil en in 5 cm­stukke gesny.
  • 3 roosmaryntakkies, stammetjies verwyder en blare gekap
  • 6 tiemietakkies, stammetjies verwyder en blare gekap
  • 4 knoffelhuisies
  • 6 hoenderdye
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml olyfolie
  • 45 ml suurlemoensap
  • 1 suurlemoen, in skyfies gesny

Metode

  1. Plaas die aartappels, ui en wortels in die prutpot en strooi sout en peper oor. Roer die helfte van die kruie sowel as 4 knoffelhuisies by.
  2. Geur die hoenderstukke met sout en peper en plaas dit tussen die groente in die prutpot. Giet die olyfolie en dan die suurlemoensap oor en strooi dan die oorblywende kruie oor. Plaas die suurlemoenskyfies bo-op.
  3. Bedek die prutpot en stel dit op laag vir 8 uur.
  4. Verwyder die suurlemoenskyfies en druk die sap uit vir ekstra suurlemoengeur.
  5. Plaas die hoenderstukke in ʼn oondpan onder ʼn voorverhitte oondelement vir 3-4 minute en braai tot goudbruin en bros. Bedien dadelik saam met die groente.

Bron: 50 Prutpot geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.