Soorte resepte:

Resep: Texas gekruide beesvleis

Texas gekruide beesvleis (Foto: Lapa Uitgewers)

Bedien papierdun skyfies van die borsstuk op geroosterde ciabatta-rolletjies met koolslaai of chakalaka.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

Braaisous

  • 1 e (15 ml) Clover Farmstyle-botter
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 k (250 ml) tamatiesous
  • ¼ k (60 ml) Worcestershire-sous
  • 2 e (30 ml) sagte bruinsuiker
  • 2 e (30 ml) mout-asyn
  • 1 e (15 ml) Dijonmosterd
  • 1 e (15 ml) droë gemengde kruie
  • 1 t (5 ml) droë brandrissie-vlokkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 k (250 ml) Clover Krush-appelsap
  • 1 k (250 ml) beesvleisaftreksel

Texas gekruide biefborsstuk (brisket)

  • 1 e (15 ml) komynsaad
  • 1 e (15 ml) koljandersaad
  • 1 e (15 ml) swart peperkorrels
  • 1 e (15 ml) rooipeper
  • 1 e (15 ml) mosterdpoeier
  • 1 e (15 ml) paprika
  • 1 e (15 ml) strooisuiker
  • 2 kg biefborsstuk (brisket)

Metode

  1. Braaisous: Verhit die botter en olie in ʼn pan en braai die uie liggies vir 4-5 minute of tot sag. Voeg die oorblywende bestanddele by, behalwe die appelsap en beesvleisaftreksel, en prut vir 10-15 minute.
  2. Texas gekruide biefborsstuk (brisket): Meng die komyn-, koljandersaad en peperkorrels en stamp grofweg in ʼn stamper en vysel. Voeg die oorblywende droë bestanddele by en vryf oor die borsstuk. Bedek en verkoel in die yskas vir 2-3 uur, of verkieslik oornag. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Plaas die borsstuk in ʼn roosterpan. Meng die appelsap, beesvleisaftreksel en helfte van die voorbereide braaisous en gooi rondom die borsstuk uit. Bedek en bak vir 3½-4½ uur of tot die vleis baie sag is. Sit eenkant tot reg om te braai. Verwyder die borsstuk uit die sous en braai. Bedruip heeltyd die pan-sous tot die borsstuk deurwarm en gerooster is.
  3. Bedien in skywe met ekstra braaisous oor die vleis geskep.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.