Soorte resepte:

[Resep] Tuna-en-mieliepoffertjies

Foto: Lekker en Gesond - Gesonde Kosblikke

Tuna-en-mieliepoffertjies. Foto: Lekker en Gesond – Gesonde Kosblikke

Hierdie resep het ook ʼn eiervrye, glutenvrye en suiwelvrye opsie.

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

  • 60 ml sojamelk
  • 15 ml suurlemoensap
  • 180 ml mielies (vars gekook, bevrore of geblik)
  • 4 klein murgpampoentjies, gerasper
  • 120 g (1 blikkie) tuna in water, gedreineer
  • 15 ml fyngesnyde vars basilieblare
  • 5 ml gemengde droë kruie
  • 125 ml kekerertjiemeel (besan)
  • 1,25 ml varsgemaalde swartpeper
  • 2 eiers*, geklits
  • 30 ml makadamia- of olyfolie

Metode:

  1. Meng die sojamelk met die suurlemoensap in ʼn koppie en plaas eenkant.
  2. Roer die mielies, murgpampoentjies, tuna, basilie, gemengde kruie, meel en peper saam in ʼn middelslag-mengbak.
  3. Meng die eier en sojamelkmengsel en roer by die mieliemengsel.
  4. Verhit ʼn braaipan oor matige hitte. Voeg 10-15 ml olie in die pan en versprei egalig. Skep opgehoopte eetlepels van die mengsel in die pan en braai ongeveer 2 minute weerskante tot effens bruin.
  5. Plaas die gaar poffertjies op absorberende papier en herhaal met die oorblywende mengsel.

*Eiervrye opsie!

  • Week 22,5 ml fyn Iynsaad ongeveer 30 minute in 60 ml water en gebruik in plaas van die eier.

Bron: Lekker en Gesond – Gesonde Kosblikke
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.