Soorte resepte:

Resep: Vals skaapkotelette

(Foto: Ter illustrasie via Boerekos.com)

Maroela Media-leser Martha Grobler het hierdie resep by ʼn skoolhoof se vrou wat baie onthaal gekry. Sy het dit toe vir ʼn groep stappers gemaak toe hulle in die Imperani-berge gaan stap het en sy het hope komplimente daarvoor ontvang.

Bestanddele

  • dikrib (chuck), dun gesny
  • 1 pakkie pepersouspoeier
  • 250 ml room

Metode

  1. Vra jou slagter om dikrib baie dun te sny en kry genoeg om ʼn laag in jou oondpan te pak.
  2. Strooi die pakkie souspoeier oor en giet die room ook oor.
  3. Bedek met foelie en bak vir 1 uur of tot die vleis sag is.
  4. Bedien met ʼn verskeidenheid brood.

Wenke:

  • As jy onthaal of daar is baie mense, kan jy die stappe herhaal om nog ʼn laag vleis te pak.
  • As jy meer sous wil hê, voeg ʼn bietjie aangemaakte souspoeier soos Bisto by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.