Soorte resepte:

Resep: Varkboud met vrugtesous

Varkboud met vrugtesous (Foto: verskaf)

Geniet hierdie varkboud met jou volgende Sondag-familie-ete.

Bestanddele

Varkboud

  • 1,5-2 kg varkboud
  • 10 ml sout
  • 2 ml fyn swartpeper
  • 1 ml knoffelpoeier
  • 3 ml roosmaryn
  • 3 ml tiemie
  • 3 ml salie

Vrugtesous

  • 2 Granny Smith-appels, geskil
  • 220 g droë appelkose
  • 25 ml gemengde skil
  • 10 ml bruinsuiker
  • 100 ml water
  • 50 ml brandewyn

Metode

Varkboud

  1. Keep die vleis elke 5 mm in. Meng die geurmiddels en vryf die vleis goed daarmee in. Plaas dit op die rakkie van ʼn oondpan met die speklaag na bo.
  2. Oondbraai die vleis 35 minute lank per 500 g teen 160 °C. Verhoog die temperatuur tot 200 °C vir die laaste 20 minute om die speklaag bros te maak.

Vrugtesous

  1. Verhit al die vrugte saam met die bruinsuiker en water en laat prut dit 10 minute lank. Laat dit effens afkoel.
  2. Verpulp die vrugte. Voeg die brandewyn by en sit dit warm saam met die varkboud voor.

Bron: 50 Boerekos-geregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mad Mike die Rhodesiër ·

Nie lus vir varkvleis? Vervang dit met lamsvleis of beesvleis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.