Soorte resepte:

Resep: Varkribbetjies

Varkribbetjies (Foto: Pixabay)

Heerlike, maklike ribbetjies in jou prutpot.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • ± 500 ml braaisous
  • 1,25 liter water
  • 2 hoenderaftrekselblokkies
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml mosterdsaadjies
  • 2 lourierblare
  • 5 ml koljandersaadjies
  • 5 ml swartpeperkorrels
  • 1½ kg varkribbetjie

Metode

  1. Meng 125 ml van die braaisous met die water, aftrekselblokkies, mosterdpoeier, mosterdsaadjies, lourierblare, koljandersaadjies en peperkorrels.
  2. Plaas die varkribbetjie in die prutpot se bak en giet die aangemaakte sous oor. Stel die prutpot op laag vir 7 ure tot die vleis gaar is maar nie van die bene afval nie.
  3. Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n oondpan met foelie uit. Skep die ribbetjie versigtig uit op die voorbereide oondpan en verf die oorblywende braaisous oor.
  4. Bak die ribbetjie vir 30 minute tot die buitekant begin bros raak. Jy kan ook die ribbetjie verder oor die kole gaarmaak indien verkies.

Bron: 50 Prutpotgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Se maar net ·

Kan iemand dalk raad gee met watter tipe maak braaisous hulle in die resep verwys? Die tipe braaisous wat jy gebruik kan ‘n groot verskil maak in die smaak van die ribbetjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.