Soorte resepte:

Resep: Varkskenkel met droëvrugte en soetwyn

Varkskenkel met droëvrugte en soetwyn (Foto: Lapa-uitgewers)

Die geur van gemmer, kaneel en borrie sorg vir ʼn heerlike gereg.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 200 g droëvye of ander droëvrugte
  • 100 g sultanas
  • 500 ml soetwyn
  • olie vir braai
  • 1,2 kg varkskenkel, in dik skywe
  • 2 uie, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 125 ml okkerneute
  • 400 ml aftreksel
  • 1 kaneelstokkie
  • 2 lourierblare
  • 10 ml gerasperde vars gemmer
  • 10 ml borrie
  • 30 ml gekapte gemengde vars kruie
  • 20 ml heuning
  • 25 ml Worcestershire-sous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • okkerneute en gekapte vars koljanderblare vir garnering

Metode

  1. Week die droëvrugte en sultanas vir ʼn paar uur lank of oornag in soetwyn.
  2. Verhit die olie en braai die vleis, uie en knoffel in ʼn no. 3-driepootpot oor die kole.
  3. Meng die res van die bestanddele en giet oor. Bedek en laat prut vir 2-3 uur tot sag.
  4. Voeg die vrugte in die laaste uur by.
  5. Strooi die okkerneute en koljanderblare oor en sit voor saam met koeskoes.

Bron: Braaitreffers deur Hannetjie Joubert

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Misky ·

Waar kan ek soetwyn kry? Kan nie belowe dat ek alles in die kos gaan gooi nie……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.