Soorte resepte:

Resep: Varktjops met pynappelblatjangsous

Foto ter illustrasie. (Foto: Ksv Billi/Unsplash)

Sit ʼn bietjie oemf in jou volgende bord kos met dié geurige varktjops.

Genoeg vir 4 porsies

Bestanddele

Tjops

  • 125 ml koekmeel
  • 5 ml (1 t) droë gemengde kruie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 groot varktjops
  • bietjie olie

Sous

  • bietjie olie
  • 2 uie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 440 g (1 blik) fyn pynappel in stroop
  • 30 ml (2 e) sojasous
  • 5 ml (1 t) mosterdpoeier
  • 10 ml (2 t) heuning
  • 125 ml blatjang
  • 5 ml (1 t) kerriepoeier
  • 125 ml hoenderaftreksel

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.

Tjops

  1. Meng meel, kruie, sout en peper.
  2. Sny oortollige vet van varktjops af en rol in meelmengsel tot goed bedek.
  3. Verhit olie en braai tjops aan albei kante tot goudbruin.
  4. Plaas varktjops in oondbak.

Sous

  1. Verhit olie en soteer uie en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg oorblywende bestanddele by en verhit tot kookpunt. Laat vir 10 minute prut tot vloeistof weggekook het.
  3. Gooi sous bo-oor varktjops en bak vir 30 minute.
  4. Sit warm saam met slaai en rys voor.

Bron: Vinnig & Maklik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.