Sit ʼn sny van hierdie vleisbrood voor op ʼn broodrolletjie met roketblare of saam met geroosterde groente en slaai.
Lewer 10 porsies
Bestanddele
Vleisbrood
- 750 g laevetmaalvleis
- 160 ml Bulgaarse jogurt of vetvrye maaskaas
- 50 g (1 pakkie) tamatieroomsoppoeier
- 1 ui, gerasper
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 15 ml fyn paprika
- 5 ml gekapte rooi brandrissie
- sout en swartpeper na smaak
Glaseersel
- 125 ml tamatiesous
- 5 ml Worcestershiresous
- 15 ml heuning
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ʼn 21 x 14 x 7 cm-broodpan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende baksproei.
- Meng al die bestanddele vir die maalvleismengsel goed deur en plaas in die pan.
- Meng al die bestanddele van die glaseersel.
- Druk die maalvleismengsel stewig in die pan. Plaas die glaseersel bo-oor.
- Bak 1 uur tot bruin en ferm. Keer uit die pan en laat afkoel.
Bron: Lekker & gesond: Gesonde kosblikke deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand
Uitgewer: Lapa