Soorte resepte:

Resep-video: Biltongtert

Biltongtert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié resep is doodmaklik en ʼn heerlike happie as die honger knaag.

Lewer sowat 20 blokkies

Bestanddele

  • ½ rol broskorsdeeg
  • 2 eiers
  • 1 k room
  • 2 k gekerfde biltong
  • 1 k gerasperde kaas

Metode

  1. Rol die broskorsdeeg (puff pastry) effens dunner. Druk dit teen die kante van die bak vas en effens boontoe todat dit ʼn rand vorm. Steek gaatjies met ʼn vurk in.
  2. In ʼn aparte bak, klits eiers en room saam.
  3. Pak biltong bo-op deeg, sprinkel kaas oor en druip eiermengsel bo-oor.
  4. Bak 45 minute by 180 ° Laat afkoel en sny in blokkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

petro ·

Dit lyk heerlik. Dankie Maroela, nou weet ek wat ek hierdie naweek vir my mense gaan maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.