Soorte resepte:

Resep-video: Burger-tacos

Burger-tacos. (Foto: Zandeleen Thygesen/Maroela Media)

Hierdie burger-tacos is ʼn ideale opsie vir enige burgerliefhebber wat ʼn bietjie kreatiwiteit in hul maaltyd wil insluit.

Bestanddele

  • 4 e mayonnaise
  • 4 e tamatiesous
  • 3 e blatjang
  • blaarslaai na smaak, fyn gesny
  • fyngekapte agurkies
  • 1 opgekapte ui
  • 400 g gemaalde beesvleis
  • sout en peper na smaak (ander speserye na jou smaak)
  • 2 tortillas
  • olyfolie
  • 4 kaasskywe (enige van jou keuse)

Metode

  1. Meng die maalvleis met sout, peper en enige ander spesery na jou smaak.
  2. Druk ʼn dun lagie beesvleis op die tortillas. Berei al jou tortillas so voor voordat jy hulle gaarmaak.
  3. Verhit ʼn warm pan of bakplaat oor hoë hitte.
  4. Gooi ʼn bietjie olie in die pan en plaas een tortilla met die maalvleiskant na onder. Druk dit plat. Verlaag die hitte na medium en plaas ʼn deksel op die pan.
  5. Braai vir 1-2 minute en draai dan om.
  6. Terwyl jy wag, meng die mayonnaise, tamatiesous en blatjang saam. Hou eenkant.
  7. Plaas twee kaasskywe bo-op die beesvleis en plaas ʼn deksel vir 30 sekondes om te help dat die kaas smelt.
  8. Verwyder dit uit die pan en herhaal met al die taco’s.
  9. Bou jou taco verder met die blaarslaai, agurkies, uie en sous.
  10. Vou toe en geniet.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Maroela Media spog nou met ons eie resepteboek, Huis-huis. Koop dit hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.