Soorte resepte:

Resep-video: Gebakte boereworsrolletjies

Gebakte boereworsrolletjies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dié boereworsrolletjies met ʼn kinkel is ʼn wenner vir middag- of aandete. Jy kan die hoeveelhede maklik aanpas sodat daar genoeg kos vir almal in die gesin is en as daar oorbly, is dit perfek vir die volgende dag se kosblik. Die rolletjies is lekker net so of saam met ʼn vars gemaakte slaai.

Bestanddele

  • 4 worsbroodjies
  • ½ blik tamatie-en-uiesmoor, jy kan ook jou eie maak
  • 4 stukke boerewors, reeds gaargemaak
  • kaassous (jy kan ook ʼn witsous gebruik)
  • 1 k cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ʼn groot genoeg oondbak met kleefwerende kossproei.
  3. Sny die worsbroodjies aan die bokant in die middel deur en gooi van die tamatie-en-uiesmoor binne-in elke broodjie.
  4. Sit die boerewors binne-in die broodjies en gooi van die kaassous bo-oor.
  5. Plaas die broodjies in die voorbereide oondbak en besprinkel met lekker baie kaas.
  6. Bak dit in die oond vir sowat 20 minute of totdat die kaas gesmelt is.
  7. Laat dit vir ʼn rukkie afkoel voordat jy dit bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wanda ·

Dit sal lekker proe as mens die uie smoor vervang met blik boerie relish

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.