Soorte resepte:

Resep-video: Gevulde skorsies

Gevulde skorsies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie is ʼn heerlike alles-in-een-maaltyd. Die kinders sal hulle vingers aflek sonder om te besef dat hulle al hul groente inkry. Die resep lewer 4 skorsies propvol lekkerte.

Bestanddele

  • 2 groot skorsies, middeldeur gesny
  • 200 g gaar hoender, in stukkies opgesny
  • ½ k bevrore gemengde groente
  • 100 ml kaassous (vooraf berei)
  • ¼ k cheddarkaas, gerasper
  • ¼ k mozzarellakaas, gerasper
  • Italiaanse kruie, na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Kook die skorsies in gesoute water vir sowat 10 minute of tot dit sag en gaar is.
  3. Haal dit uit die water, dreineer en krap die pitte uit. Plaas dit in ʼn oondpan.
  4. Meng die hoender, groente en kaassous bymekaar en skep lepels vol in die individuele skorsie-bakkies.
  5. Sprinkel kaas en Italiaanse kruie bo-oor.
  6. Bak dit in die oond vir sowat 25 minute of totdat die kaas bo-op gesmelt is.
  7. Verwyder dit uit die oond en sit warm voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.