Soorte resepte:

Resep-video: Kaasworspasta in een pot

Kaasworspasta in een pot (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dié pasta is so vinnig en maklik om te maak – gooi alles net in een pot en binne ʼn paar minute het die hele gesin ʼn ongelooflike lekker maaltyd.

Bestanddele

  • 1 e botter
  • ½ ui, fyngekap
  • 500 g kaaswors, in wieletjies gesny
  • 1 blikkie smoormengsel (“relish”)
  • 2 k hoenderaftreksel
  • 250 g skroefiepasta
  • ½ k room
  • sout en peper, na smaak
  • 1 k cheddarkaas

Metode

  1. Smelt die botter in ʼn pan.
  2. Braai die ui in die gesmelte botter tot gaar.
  3. Voeg dan die kaaswors by en braai vir sowat 5 minute.
  4. Voeg die hoenderaftreksel en blik relish (smoormengsel) by en bring dit tot kookpunt.
  5. Voeg die pasta by en sit die deksel op.
  6. Verlaag die hitte en laat die pot vir sowat 10-15 minute prut.
  7. Roer die room by en geur met sout en peper na smaak.
  8. Sprinkel die kaas bo-oor en dien warm op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.