Soorte resepte:

Resep-video: Kersfeespastei

Kersfeespastei (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Kersfees sal nie dieselfde wees sonder die familietafel wat toegepak staan onder heerlike kos om van te kies en te keur nie. Net so sal die week ná Kersfees ook nooit dieselfde wees sonder al die kos wat Kersdag oorgebly het nie.

Dít is ʼn heerlike resep om jou te help om van al daardie oortollige vleis ontslae te raak en terselfdertyd iets te maak wat heerlik en smaaklik is. Die pastei is ʼn lekker ligte maaltyd vir ʼn somersdag en smaak vorentoe saam met slaai.

Lewer ongeveer 8 porsies.

Bestanddele

  • 2 velle blaardeeg
  • ½ k soet mosterd, ons het tuisgemaakte mosterd gebruik
  • oortollige vleis, in stukkies gesny
  • 2 k cheddarkaas, gerasper
  • 1 eier, geklits

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Plaas een vel blaardeeg op ʼn bakplaat wat vooraf met kleefwerende kossproei gespuit is.
  3. Smeer die mosterd op die blaardeeg, maar los genoeg spasie aan die rant van die deeg om dit later weer toe te knyp sonder dat die vulsel uitloop.
  4. Sprinkel nou ʼn laag vleis bo-op die mosterd en dan ʼn lekker dik laag kaas.
  5. Bedek met die tweede vel blaardeeg en knyp die rante toe sodat die vulsel binne bly.
  6. Smeer die geklitste eier bo-op en bak in die oond tot die deeg gaar en goudbruin is.
  7. Sny in blokke en sit warm voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.