Gerieflike lasagne wat jy sommer met die hand kan eet!
Lewer 12 lasagne-bakkies
Bestanddele
- ½ ui, fyngekap
- 300 g maalvleis
- speserye volgens keuse
- 1 blikkie tamatiepuree
- 6 lasagne-velle
- warm water
- 1 pakkie (40 g) witsous, aangemaak
- 100 g kaas, gerasper
- pastaspeserye
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Braai die uie en maalvleis saam en geur volgens smaak. Gooi ʼn blikkie tamatiepuree by en laat vir 2 minute prut.
- Maak lasagne-velle sag deur dit in warm water te plaas. Wanneer die lasagne-velle sag is, haal hulle uit die water en sny elkeen in die helfte.
- Spuit ʼn muffinpan met kossproei en druk die halwe lasagne-velle daarin sodat dit ʼn bakkie vorm.
- Skep nou maalvleis in die bakkies. Skep ook witsous daaroor en sprinkel kaas oor. Geur met jou gunsteling-pastaspeserye.
- Bak vir 15 minute by 180 °C en geniet warm.