Soorte resepte:

Resep-video: Maalvleispasteitjies

Maalvleispasteitjies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Trek hierdie resep volgende keer nader wanneer jy kopkrap oor wat in môre se kosblik moet kom. Die resep is ook ʼn lekker opsie wanneer jy iets na ʼn vingerete wil neem. Die resep lewer sowat 12 pasteitjies.

Bestanddele

  • 30 ml sonneblomolie
  • 500 g maalvleis
  • ½ ui, fyngekap
  • 2 wortels, gerasper
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 2 eier, geklits (hou apart)
  • 100 g mozzarellakaas, gerasper
  • 2 velle blaardeeg, in 12 blokke gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die sonneblomolie in ʼn pan en braai die maalvleis en uie tot gaar.
  3. Voeg die wortels by en braai verder vir sowat 2 minute.
  4. Geur met sout, peper en gemengde kruie en braai weer vir sowat 5 minute.
  5. Voeg een geklitste eier en kaas by en meng alles goed.
  6. Spuit ʼn muffinpan met kleefwerende kossproei.
  7. Sny die blaardeeg in vierkante en plaas dit in die holtes van die muffinpan om bakkies te vorm.
  8. Skep die vulsel in die blaardeeg en knyp dan die punte van die blaardeeg toe sodat die vulsel binne is.
  9. Verf die res van die geklitste eier bo-oor die pasteitjies.
  10. Bak vir sowat 20 minute in die oond totdat die deeg bros en ligbruin is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vicki ·

Dankie vir dit! My arme man eet amper dag dieselfde boring toebroodjies…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.