Soorte resepte:

Resep-video: Maklike eenbakpasta

Maklike eenbakpasta (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie resep kan maklik verdubbel word of aangepas word met jou gunstelingbestanddele. Die pasta kook heerlik sag en die geure smelt saam.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 200 g (1 pakkie) spek, effens gaargemaak en in stukkies gesny
  • 2 k babaspinasieblare
  • ½ pakkie sampioene, opgesny
  • ½ k kaas plus ekstra vir bo-op
  • 500 ml (2 k) kookwater
  • 410 g (1 blik) tamatiepuree
  • ½ k melk
  • 250 g droë pasta van jou keuse
  • oreganum na smaak
  • knoffel na smaak
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in ʼn groot bak.
  2. Bedek die oondbak met aluminiumfoelie en bak vir 30 minute teen 180 ° Haal die foelie af en strooi ekstra kaas oor en bak tot kaas gesmelt is. Bedien warm.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eend Bessinger ·

Yum! Lekker pasta! Mal daaroor – sal net ‘n paar persoonlike wysigings aanbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.