Soorte resepte:

Resep-video: Maklike maalvleispasta

Maklike maalvleispasta (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Makliker as dié resep gaan jy nie kry nie.

Lewer sowat 4 porsies

Bestanddele

  • 250 g maalvleis
  • 1 k droë pasta
  • 1 pakkie souspoeier van eie keuse
  • 1 k kookwater
  • 1 k sampioene, in stukkies gesny
  • ¼ k melk
  • ½ blik tamatie-en-uiesmoor
  • knoffelpoeier na smaak
  • gemengde kruie na smaak
  • sout en peper na smaak
  • ½ k kaas, gerasper

Metode

  1. Verbruin maalvleis effens in ʼn pan en geur liggies.
  2. Meng al die bestanddele saam in ʼn oondbak en sprinkel die kaas bo-oor.
  3. Bak vir 30 minute teen 180 °C en bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rooikoos ·

Dit lyk heerlik, en so maklik. Ek sal dit beslis probeer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.