Soorte resepte:

Resep-video: Ontbytbroodjies

Ontbytbroodjies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie ontbytbroodjies is die perfekte dis om te bedien wanneer ’n klomp monde gevoer moet word.

Bestanddele

  • 1 witbrood, klaar in snye gesny
  • botter, vir smeer
  • tamatiesous
  • 150 g gesnyde ham
  • 5 eiers
  • 1 k volroommelk
  • 1 k room
  • sout en peper, na smaak
  • 1 k kaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ’n oondbak met kossproei.
  3. Maak toebroodjies met die botter, tamatiesous en ham op.
  4. Sny die toebroodjies diagonaal in 4 driehoekies en pak dit in die voorbereide oondbak.
  5. Meng die eiers, melk en room met mekaar en voeg die sout en peper by die mengsel.
  6. Gooi die eiermengsel oor die broodjies en sprinkel die kaas bo-oor.
  7. Bak dit in die oond vir sowat 30-35 minute of tot die eiermengsel begin stol en die kaas gesmelt het.
  8. Bedien warm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.