Maklik en vinnig en jou kinders sal mal wees daaroor!
Lewer 4 stokkies
- 150 g winkeldeeg
- 12 velletjies salami
- ¼ k olyfolie
- ½ t knoffelpoeier
- ½ t Italiaanse kruie
- kaas, gerasper
- sout na smaak
Metode
- Rol die deeg uit en sny dit in vier lang repe.
- Vou die salamivelletjies in vier en ryg dit op ʼn sosatiestokkie. Week jou sosatiestokkies vooraf in water vir sowat 30 min om te voorkom dat dit nie brand in die oond nie.
- Vou die deegrepies in die helfte sodat dit steeds so lank is soos dit was, maar ʼn bietjie dikker. Ryg en vou dit nou om die sosatiestokkie en salami. Plaas die stokkies op ʼn bakplaat.
- In ʼn aparte koppie, meng die olie, knoffelpoeier en Italiaanse kruie saam en smeer dit oor die stokkies.
- Sprinkel kaas oor. Geur met sout na smaak en bak vir 10 minute teen 200 °
Sjoe, dit lyk mos nou lekker!
Enige alternatief vir die salami asb?