Soorte resepte:

Resep-video: Romerige blatjanghoender

Romerige blatjanghoender (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Eenvoudige gereg wat jy blitsvinnig kan maak – met min skottelgoed vir baie kos!

Genoeg vir 4-6 porsies

Bestanddele

  • 1 k wit rys
  • 6-8 stukke (500 g) hoenderporsies
  • hoenderspeserye van eie keuse
  • 1 k mayonnaise
  • 1 k blatjang
  • 1 pakkie (25 g) bruin uiesoppoeier
  • 4 k water

Metode

  1. Gooi rys in ʼn groot oondbak en versprei dit eweredig in die onderkant van die bak.
  2. Pak hoenderstukke bo-op die rys en geur die hoender met jou gunsteling hoenderspeserye.
  3. In ʼn aparte bak, meng mayonnaise, blatjang, soppoeier en water goed saam.
  4. Giet die blatjang-mengsel oor die hoender en bedek die bak met foelie of ʼn deksel.
  5. Bak vir 1 uur teen 180°C. Haal die deksel of foelie af en bak dan vir nog 15 minute.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MAGDA ·

Ek het die resep onlangs probeer en die rys word glad nie gaar nie. Kook eers jou rys tot amper gaar en volg dan die resep verder. Dit is baie lekker, maar nie ‘n suksesvolle resep soos hy geplaas is nie.

Lakemalawi ·

Ek stem saam met jou. En ‘n koppie blatjang is ook te veel, dis stroopsoet. Halveer dit ook.

Anke ·

Nee dankie. Die hoender se bloederigheid word in die sous gaar en dan word dit geeët. Vat eerder hoenderfillet, haal die vel af, sny in blokkies en brosbraai en sit dan saam in die sous. Baie skoner so.

VannieBaai ·

Dit klink verskriklik lekker…….wonder of mens dit in ‘n slowcooker ook sou kan gaar maak? Kan iemand dalk help met die gaarmaaktyd vir ‘n slowcooker asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.