Soorte resepte:

Resep-video: Spek-en-groentetert

Spek-en-groentetert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Maklik en propvol nutriënte!

Bestanddele

  • 1 pak (200 g) spek, in stukkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 t knoffel
  • 125 g (½ pakkie) sampioene, opgesny
  • 150 g (sowat 4) murgpampoentjies, gerasper
  • ½ soetrissie, in blokkies gesny
  • 125 g (sowat 4) wortels, gerasper
  • 125 g groenboontjies, in stukkies gesny
  • 1 k kaas, gerasper
  • 80 g koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • ½ k ongegeurde jogurt
  • 1 t knoffelpoeier
  • 1 t Italiaanse kruie
  • sout en peper na smaak
  • 3 eiers

Metode

  1. Braai spek, uie en knoffel saam.
  2. Voeg sampioene, murgpampoentjies, soetrissie, ertjies en wortels by in ʼn groot oondbak.
  3. Meng die helfte van die kaas, die meel, bakpoeier, jogurt en geurmiddels by.
  4. Klits die eiers en meng goed. Sprinkel die res van die kaas bo-oor.
  5. Bak vir 30 minute teen 180 °C.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

mynie ·

Nou wanneer gebruik jy die ander helfte wat jy oorgelos het dan? Van die meelmengsel bedoel ek?

Megan Swart ·

Dagsê mynie
Helfte van die kaas moet opsy gesit word om dit bo-oor te sprinkel, nie die hele meelmengsel nie. Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die artikel is reeds gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.