Maklik en propvol nutriënte!
Bestanddele
- 1 pak (200 g) spek, in stukkies gesny
- 1 ui, fyngekap
- 1 t knoffel
- 125 g (½ pakkie) sampioene, opgesny
- 150 g (sowat 4) murgpampoentjies, gerasper
- ½ soetrissie, in blokkies gesny
- 125 g (sowat 4) wortels, gerasper
- 125 g groenboontjies, in stukkies gesny
- 1 k kaas, gerasper
- 80 g koekmeel
- 1 t bakpoeier
- ½ k ongegeurde jogurt
- 1 t knoffelpoeier
- 1 t Italiaanse kruie
- sout en peper na smaak
- 3 eiers
Metode
- Braai spek, uie en knoffel saam.
- Voeg sampioene, murgpampoentjies, soetrissie, ertjies en wortels by in ʼn groot oondbak.
- Meng die helfte van die kaas, die meel, bakpoeier, jogurt en geurmiddels by.
- Klits die eiers en meng goed. Sprinkel die res van die kaas bo-oor.
- Bak vir 30 minute teen 180 °C.
Resep: Janie Monsieur
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Nou wanneer gebruik jy die ander helfte wat jy oorgelos het dan? Van die meelmengsel bedoel ek?