Soorte resepte:

Resep-video: Vinnige voupakkie

Vinnige voupakkie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Nuwe manier om ʼn wrap te vou!

Jy kan hierdie voupakkie met enige vulsel van jou keuse maak. Hierdie een is gemaak met spek, mayonnaise, avokado en kaas.

Lewer 1 voupakkie

Bestanddele

  • 1 groot wrap
  • 2 repies spek, gaargemaak
  • 1 t mayonnaise
  • ¼ avokado, in repies gesny
  • kaas, gerasper of in dun skywe gesny

Metode

  1. Sny ʼn lyn van die middel van die wrap tot die rand, sodat as jy dit opvou, dit ʼn driehoek-vorm skep.
  2. Verdeel die wrap in vier kwarte en pak ʼn bestanddeel in elke kwart. Vou die kwarte een bo oor die ander op (sien video).
  3. Braai in ʼn plat toebroodjiemasjien tot die kaas gesmelt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peetjie ·

Ek het gevind as jy hom sny “lek” hy onder uit…nou pak ek dit ook in kwarte en vou dan so. Sodoende “lek” al die lekkerte nie onder uit nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.