Soorte resepte:

Resep-video: Viskoekies

Viskoekies (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Dit is so vinnig en maklik om dié viskoekies te maak, selfs die kinders kan inspring en ʼn hand bysit. Jy kan dit sommer volgende keer saamneem wanneer julle gaan kamp.

Lewer sowat 9 viskoekies, afhangend van hoe groot jy die balletjies rol.

Bestanddele

  • 1 pakkie kits-aartappels
  • 350 ml warm melk
  • 3 blikkies tuna, gedreineer en gevlok
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 15 ml suurlemoensap
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 3 eiers, geklits
  • 100 g broodkrummels
  • olie om die koekies in te braai

Metode

  1. Meng die pakkie kits-aartappels met die warm melk.
  2. Meng die tuna, kruie, en suurlemoensap goed saam en geur met sout en peper.
  3. Rol die koekies met jou hande in ’n balletjie en druk dan plat om ’n koekie te vorm.
  4. Rol die koekies eers in die eier en dan in die broodkrummels.
  5. Verhit die olie in ʼn pan en braai die koekies aan albei kante tot goudbruin.

Sit viskoekies saam met slaai en sous op ʼn broodjie of saam met aartappelskyfies voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.