Soorte resepte:

Resep-video: Wakkerword-wenner

Wakkerword-wenner (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Spek, eiers en kaas, maar veel anders as wat jy dit al ooit voorheen gemaak het!

Bestanddele

  • 4 broodrolletjies
  • margarien
  • 1 pakkie (200 g) spek
  • 4 eiers
  • sout en peper na smaak
  • 1 k cheddarkaas

Wakkerword-wenner (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Sny ʼn ronde gat in die bo-kant van die broodrolletjies en hol dit uit. Smeer margarien in.
  2. Maak spek effens gaar en drapeer twee repies per broodrolletjie bo‑oor.
  3. Breek ʼn eier in elke rolletjie en geur met sout en peper na smaak. Sprinkel kaas oor.
  4. Bak vir 30 minute teen 180 °C of tot die eier so gaar is soos jy daarvan hou. Bedien dadelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

WIEBO ·

Nog n wenner is gewone snye brood met spek en kaas op, in die oond. Bedien saam met gherkins en gehalveerde gekookte eiers. Heerlik en vinnig om te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.