Soorte resepte:

Resep: Vierpoot-pizza

Vierpoot-pizza (Foto: Bake & Bark)

Nooi jou hond se gunsteling-maats en hou vir hulle ʼn honde-pizza-aand!

Hierdie resep moet nie as ʼn etevervanger beskou word nie. Raadpleeg eers ʼn kenner en voer jou hond verantwoordelik en met matigheid. Koop die Bake and Bark-resepteboek hier aanlyn.

Lewer 4 porsies (afhangend van die grootte van jou hond)

Bestanddele

  • 1 k gaar mieliepap
  • 1 kg maer beesmaalvleis
  • ½ k laevet mozzarella-kaas, gerasper
  • 2 wortels, gerasper

Metode

  1. Voorverhit oond tot 230 °C en voer ʼn bakplaat uit met kossproei.
  2. Berei die mieliepap voor volgens die aanwysings op die pakkie en laat afkoel.
  3. Smeer die mieliepap eweredig oor die voorbereide bakplaat. Versprei die maalvleis eweredig oor die gaar mieliepap vir ʼn tweede laag.
  4. Sprinkel nou gerasperde kaas en wortel oor.
  5. Bak die pizza vir 10-15 minute, of tot die vleis gaar is. Haal uit die oond en laat afkoel voor bediening.

Wenk: Konsulteer jou veearts voordat jy kaas vir jou hond gee. As jou hond allergies is vir laktose, kan jy bloot die kaas uitlaat.

Bron: Bake and Bark deur DARG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Plaaskind ·

Daar is soveel honger mense in outehuise en op straat wat sal smag vir bietjie kos. Werklik ek dink dis belaglik. Hondekos word ten duurste gekoop om seker te maak honde kry regte hoeveelheid van alles in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.