Soorte resepte:

Resep: Vinnige poloniegebak

Vinnige poloniegebak (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Maklike, vullende en sakpas ete.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 6 ekstragroot eiers
  • 750 ml grofgekapte polonie
  • 410 g blik tamatie-en-uiemengsel
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • knypie rooipeper
  • knypie sout en varsgemaalde swartpeper
  • knypie droë oreganum
  • 5 ml bakpoeier
  • 125 ml koekmeel
  • 187 ml gerasperde cheddarkaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondbak van 24 cm x 20 cm.
  2. Klits eiers goed en roer die oorblywende bestanddele, behalwe die kaas, by.
  3. Skep in die voorbereide oondbak en sprinkel die kaas bo-oor.
  4. Bak vir 40 minute of tot gestol in die middel.
  5. Sit warm saam met broodjies voor.

Bron: Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ellie ·

Gebruik dan kouevleis van jou keuse. Ek dink tuna kan ook werk. Klink na ‘n sakpas wenresep vir my!

Daleen ·

Gebruik eie inisiatief Cheryl die resep is net ‘n riglyn. Dis soos souttert gebruik enige vleis van jou keuse.

PATRICIA ·

Genade die afgelope tyd is dit darem niks lekker resepte nie. Regtig? Aaklig. Gister kolwyntjies. Asseblief ouens, jul kan beter doen.

Mad Mike die Rhodesiër ·

‘n Mens kan ook maalvleis of biefstuk-blokkies gebruik as jy nie van polonie hou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.