Maroela Media-leser Lizette van Wyk sê hierdie pasta is een van haar eie konkoksies en haar hele familie is vreeslik lief daarvoor.
Bestanddele
- 1 boks (5/6 stukke) gerookte skelvis (smoked haddock)
- 4-5 k melk
- 1 blikkie mossels
- cheddarkaas, gerasper
- 2 e mielieblom
- tagliatellepasta
Metode
- Verhit skelvis en vlok in diep pan of pot.
- Voeg melk (minus ½ k) by vis sodra dit gaar en gevlok is.
- Voeg olie van blikkie gerookte mossels by.
- Voeg kaas in voordat melk kook.
- Meng mielieblom met ½ k melk en voeg dan by. Verhit en prut oor stadige hitte tot dit dik is.
- Skep op gaar pasta en skep mossels bo-op. Bedien met Ciabatta-brood en Parmasaankaas.