Soorte resepte:

Resep: Vinnige tuisgemaakte pizza

Vinnige tuisgemaakte pizza (Foto: Lapa-uitgewers)

Pizza maak by die huis is nie net heerlik nie, maar ook gesellig!

Genoeg vir 4-6

Bestanddele

  • 500 g winkel­witbrooddeeg
  • 2 k (500 ml) blikkie tamatie-en-kruiesous
  • 100 g knopiesampioene, in kwarte gesny
  • 20 Calamata-olywe, ontpit
  • 12 matige, soet pikantrissies
  • 1 k (250 ml) Clover Mature-cheddarkaas, gerasper
  • 1 k (250 ml) Clover Tussers, gerasper
  • 200 g Clover-fetakaas, kruiegeur, in blokkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Om voor te sit

  • vars basilie- en roketblare

Metode

  1. Verdeel die deeg in twee balle van gelyke grootte en rol uit in dun sirkels of ovaalvormig. Verdeel die tamatiesous tussen die twee basisse.
  2. Sprinkel die sampioene en olywe bo-oor en bedek met die kase. Voeg sout en peper by na smaak. Bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C vir 25 tot 30 minute of tot die basisse gaar is.
  3. Garneer met basilie- en roketblare en sit voor.

Bykomende pizza-bestanddele

VLEISPIZZA

  1. Voeg 100 g snye salami, 100 g fyngekapte ham en 100 g gaar ribbetjievleis by die basiese pizza.

MEDITERREENSE PIZZA

  1. Voeg 6 ansjovisfilette, 1 e (15 ml) gekapte kappertjiesaad, 3 gemarineerde en gehalveerde artisjokharte en 100 g fyngekapte salami by die basiese pizza. Sit voor met vars roketblare.

PIZZA MET GEROOSTERDE GROENTE

  1. Voeg 500 g gemengde geroosterde groente by. Besprinkel met geroosterde pampoensaad en vars basilieblare om voor te sit.

Bron: Bak soos ʼn koninklike: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.