Soorte resepte:

Resep: Vinnige worsie-en-pastagereg

Vinnige worsie-en-pastagereg (Foto: Lapa-uitgewers)

Gooi bymekaar en siedaar!
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 250 g (½ pak) skroefpasta
  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 6 kaasworsies, in skyfies gesny
  • 6 Russiese worsies, in skyfies gesny
  • 410 g (1 blik) perskeskywe in stukkies gesny (behou stroop)
  • 60 ml blatjang
  • 10 ml Worcestershiresous
  • 45 ml tamatiesous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml gerasperde kaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Kook die pasta in water met ’n bietjie sout en olie tot net gaar. Dreineer en hou eenkant.
  3. Verhit die olie en soteer die uie tot sag. Voeg die knoffel en soetrissies by en soteer nog 5 minute. Skep die uiemengsel uit.
  4. Soteer die worsies in nog ’n bietjie olie, indien nodig, tot gaar. Skep die uiemengsel terug by die worsies en verwyder van hitte.
  5. Meng 90 ml van die perskestroop met die blatjang, Worcestershiresous, tamatiesous, sout en peper, en roer by die uiemengsel. Voeg ook die perskestukkies by.
  6. Roer die gaar pasta liggies deur en plaas in ’n gesmeerde oondbak.
  7. Sprinkel kaas oor en bak vir 20 minute tot deurwarm.

Bron: Lekker & vinnig: Worsresepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johnny ·

Vermorsing van goeie bestandele. Ingelegde perkes in ‘n pasta dus?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.