Soorte resepte:

Resep: Viskitsery

Viskitsery (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Eenpotgereg met min moeite.
Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 300 g gaar, gerookte vis (bv. snoek, skelvis of kipper)
  • 10 ml olyfolie
  • 1 klein ui, geskil en fyngekap
  • knoffel na smaak
  • 200 g rou rys
  • 500 ml kookwater
  • 2 ml borrie
  • 200 ml/150 g bevrore ertjies
  • 5 ml gerasperde suurlemoenskil
  • 20 ml suurlemoensap
  • vars pietersielie of koljanderblare, gekap, na smaak

Metode

  1. Vlok die vis en hou dit verkoel.
  2. Verhit die olie in ʼn groot genoeg kastrol om eindelik die gereg in te meng. Roerbraai die ui en knoffel totdat die ui deurskynend is.
  3. Roer die rys, kookwater en borrie by die gebraaide mengsel. Sit die deksel op, verhit dit tot kookpunt en prut 15 tot 20 minute totdat die rys gaar is. Vul die kookwater aan indien dit droogkook voordat die rys gaar is.
  4. Roer die ertjies, gerasperde skil en sap aan die einde van die kooktyd by en verhit dit tot die ertjies warm is.
  5. Roer die vis en pietersielie by en verhit tot deurwarm.

Variasies

  • Vervang die gerookte vis met rou vis: Gebruik 400 g rou vis om vir krimping tydens gaarmaak voorsiening te maak.
  • Vervang die gerookte vis met tuna, salm, makriel of sardyne.

Bron: Min moeite deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.