Perskes en kerrie vul mekaar perfek aan!
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- kookolie
- 1 ui, gekap
- 6 boudtjops
- 1 steranys
- 3 kaneelstokkies
- 5 wonderpeperkorrels
- 5 ml borrie
- 20 ml kerrie
- 2 groen papajas, geskil
- 2 groen veselperskes, met skil
Metode
- Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en tjops tot amper gaar.
- Kap die steranys en kaneelstokkies fyn. Voeg dit by die tjops.
- Roer die wonderpeper, borrie en kerrie by die tjops.
- Sny die papajas en veselperskes in klein blokkies. Hou eenkant.
- Laat die kerrie vir ongeveer 1 uur stadig prut met die deksel op.
- Voeg die vrugte by die kerrie 15 minute voor die kooktyd verby is.
- Bedien saam met gewone rys of skroei-rys wat gemaak word deur gaar rys saam met droë klapper in ’n pan te rooster.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa