Soorte resepte:

Resep: Wildskenkel op gesteelde lamresep

skenkels

Foto: Kreatiewekosidees.com

Bestanddele:

  • 4 wildskenkels wat sowat 450 g elk weeg
  • Sout en varsgemaalde peper
  • 3 teelepels olyfolie
  • 4 gekapte uie
  • 50 g botter
  • 40 g meelblom
  • 300 ml Old Brown Sherry (OBS)
  • 1 liter beesvleisekstrak
  • 1 medium selderyknol in stukke van 4 cm gesny

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 220 ºC. Verhit die olyfolie in die oond in ‘n oondbestande bak met ‘n styfpassende deksel. Kruie die skenkels en bak dit vir 40 minute. Draai dit halfpad deur die proses om of totdat dit mooi verbruin het. Verwyder die skenkels en sit dit eenkant.
    Verlaag die oondhitte tot 180 ºC.
  2. Sit nou botter en uie in die oondbak en kook dit liggies teen lae hitte vir 4 minute. Voeg die meelblom by, meng dit goed en roer geleidelik die OBS en die warm ekstrak by om te voorkom dat dit klonterig raak. Wanneer dit kook, voeg die skenkels by, bedek en sit dit terug in die oond. Laat dit sowat 2½ uur of tot sag bak. Kyk maar gereeld na die vordering van die vleis.
  3. Plaas dan die skenkels op ‘n vleisbord en hou dit warm. Laat die seldery 10 minute teen lae hitte in die sous prut totdat dit sag is. Verwyder dit dan uit die sous met ‘n lepel. Laat die sous prut totdat dit verdik en sit dan die skenkels en seldery daarin terug en verhit dit effe voor bediening.

Bron:

Lekker Wild! deur Andries Botha en Willem Krog. Die resepteboek kos R230-00* posgeld ingesluit en kan direk by Willem bestel word deur ‘n epos te stuur na [email protected].
Besoek Pot-shot.co.za vir nog lekker resepte met wildsvleis.
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.