Soorte resepte:

Resep: Wors-en-aartappelbredie

Wors-en-aartappelbredie (Foto: Lapa-uitgewers)

Met die Championship Boerewors-kompetisie net om die draai, is dit heel gepas om so ʼn paar boereworsgeregte uit te toets!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

600 g – 1 kg boerewors, in porsies gesny
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
2 groen soetrissies, ontpit en gekap
12 klein aartappeltjies, ongeskil en gehalveer of 2 middelslag aartappels, in kwarte gesny
410 g (1 blik) heel tamaties of 3 middelslag tamaties, ongeskil en gekap
30 ml brandrissiesous
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 g knopiesampioene, in skywe gesny
15 ml Worcestershire‑sous

Metode

  1. Verhit ’n braaipan en braai die wors ongeveer 7 minute aan elke kant of tot goudbruin oor lae tot mediumhitte. Verwyder uit die pan en gooi die oortollige vet af.
  2. Soteer die uie, knoffel en soetrissies in dieselfde pan tot verbruin. Voeg die res van die bestanddele by en prut 10 minute met die deksel op.
  3. Plaas die wors terug in die pan en prut nog 10 minute of tot die wors en groente gaar is. Geur na smaak met sout, peper en geurmiddels.
  4. Sit voor op rys, noedels of krummelpap met ’n mengelslaai.

 

Bron: Worsgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.