Middagete in ʼn japtrap! Jy kan ook ʼn geposjeerde eier bo-op elke porsie bedien.
Lewer 4 porsies
Bestanddele
- bietjie olie
- 1 ui, gekap
- 5 ml gekapte vars knoffel
- 375 g (1 pakkie) Enterprise Country-worsies, in happiegroottes gesny
- 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
- 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
- 30 ml gekapte vars pietersielie
- 15 ml gekapte vars basiliekruid
- 30 ml gekapte vars koljander
- 3 vars origanumblare, gekap
- paar tiemieblaartjies, gekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 750 ml gaar rys
Metode
- Verhit die olie en soteer die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die worsies by en soteer tot gaar.
- Voeg die soetrissies by en soteer nog ʼn rukkie.
- Voeg die kruie by en soteer nog 5 minute. Geur met sout en peper na smaak.
- Meng die rys by die worsiemengsel en verhit.
- Sit warm as ligte middagete voor.
Bron: Lekker & Vinnig: Worsgeregte (Uit: Vinnig en maklik-resepte uit Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens)
Uitgewer: Lapa