Hierdie gereg sal jou van binne af opwarm dié winter.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele
- 10 ml olie
- 500 g worsies (vark-, beesvleis- of sojaworsies)
- 2 groot uie, gekap
- 1 selderystingel, gekap
- 1 groot soetrissie, ontpit en gekap
- 5 ml matige kerriepoeier
- 2 groot tamaties, ongeskil en grof gekap
- 410 g (1 blik) gebakte boontjies in tamatiesous
- knippie knoffelsout
- varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
- Verhit olie oor ’n lae tot matige temperatuur in ’n swaarboompan of -kastrol en braai die worsies tot goudbruin.
- Voeg die uie, seldery en soetrissie by en strooi die kerriepoeier oor. Soteer verder tot groente net sag is en voeg die tamaties by. Soteer nog 5 minute.
- Roer die boontjies by en prut saam tot deurwarm en tot die worsies gaar is. Geur met knoffelsout en peper en sit voor met bruinrys of koring en groente.
Bron: Lekker & Vinnig: Worsgeregte. Uit Eenpotgeregte deur An du Plessis
Uitgewer: Lapa