Soorte resepte:

Resep: Wraps met gemarineerde brandrissiehoender met lemoensap en mielies

Wraps met gemarineerde brandrissiehoender met lemoensap en mielies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Wraps (tortilla-voupakkies) is altyd ʼn treffer vir middagete, of selfs vir ʼn aandete as dit baie warm is en jy vinnig iets wil voorberei.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • ½ k (125 ml) Clover Krush-lemoensap
  • ¼ k (60 ml) gesmelte Clover Springbok-botter
  • 2 e (30 ml) vars gekapte koljanderblare
  • 1 t (5 ml) droë brandrissievlokkies
  • ½ t (3 ml) paprika
  • 500 g hoenderborsfilette, in lang, dun repe gesny
  • 2 mielies

Om op te dien

  • 6-8 warm volgraan-wraps of tacos
  • ½ kop blaarslaai, gesnipper
  • 1 avokado, gesny
  • 1 groot wortel, geskil en gerasper
  • 5 rooi sprietuie, gesny
  • ⅓ k (80 ml) Clover-suurroom
  • ½ k (125 ml) Clover-cheddarkaas
  • ¼ k (60 ml) soet brandrissiesous

Metode

  1. Klits die sap, botter, koljanderblare, brandrissie en paprika saam en giet dit in ʼn plastiek- of glasmengbak (nie metaal nie).
  2. Voeg die hoenderrepe by en roer sous deur. Bedek en verkoel vir ten minste 30 minute. Haal die hoender uit die marinade.
  3. Verf die oorblywende marinade oor die mielies en rooster op die braai vir 3-4 minute aan alle kante. Verwyder van die hitte en wanneer koel genoeg om te hanteer, sny die mieliepitte van die stronke af.
  4. Braai die hoender (op die braai of op ʼn stoof) vir 3-4 minute of tot gaar.
  5. Vul die wraps of tacos met blaarslaai, avokado, wortel, sprietuie en suurroom. Rond af met die gaar hoender, mielies, cheddarkaas en soet brandrissiesous.

Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.