Resep: Sampioen-en-biltong-chowder

Sampioen-en-biltong-chowder(Foto: The South African Mushroom Farmers’ Association)

ʼn Heerlike, romerige eenpot-mengelmoes!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 30 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 60 g botter
  • 30 ml koekmeel
  • 500 g knopiesampioene, in repies gesny
  • 80 ml witwyn
  • 1,25 ℓ hoenderaftreksel
  • 1 aartappel, in blokkies gesny
  • 3 takkies tiemie
  • 375 ml melk
  • 125 ml room
  • 150 g gemaalde, fyn biltong
  • sout en gemaalde swartpeper

Metode

  1. Verhit die olie in ʼn pan en braai die ui liggies vir sowat 5 minute.
  2. Voeg die knoffel, botter en meel by en braai vir nog 2-3 minute.
  3. Meng die sampioene by en braai vir 5 minute.
  4. Verhoog die hitte en voeg die witwyn by. Kook vir 2-3 minute.
  5. Giet die hoenderaftreksel, aartappels en tiemie by en kook vir nog 10 minute.
  6. Roer melk, room en biltong in en geur na smaak. Laat prut vir 2-3 minute en bedien.

Bron: The South African Mushroom Farmers’ Association

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae