Soorte resepte:

Suurlemoen-varktjops

Genoeg vir 6

Suurlemoen gaan baie goed saam met varktjops omdat dit die rykheid daarvan temper en die geur bevorder.

6 groot varkkruistjops met ‘n goeie laag vet en swoerd
2 knoffelhuisies, fyngedruk
‘n klein handvol vars pietersielie, fyngekap
5 ml (1t) vinkelsaad, gekneus
gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
nog 2 suurlemoene, gehalveer
45 ml (3e) olyfolie
2 lourierblare

1. Knip die vetrande met ‘n skêr van die tjops af. Dit verhoed dat die tjops begin omkrul terwyl dit braai. Plaas die tjops in ‘n groot glasbak.
2. Meng die knoffel, pietersielie, vinkelsaad, suurlemoenskil en -sap, suurlemoenkwarte, olyfolie en lourierblare in ‘n bak. Bedek die tjops daarmee en marineer vir minstens 1 uur, of langer indien moontlik.
3. Haal die tjops en suurlemoenkwarte uit die marinade. Braai oor ‘n warm gasvlam of kole vir 8-10 minute aan ‘n kant. Plaas die suurlemoenkwarte tydens die laaste 5 minute op die rooster en braai aan elke kant totdat dit sag en effe bruingebraai is. Sit dit saam met die varkvleis voor.

Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.