Vandag vier ons nasionale pasteidag – die lekkerte wat ʼn geurige vulsel in ʼn deegkombersie toedraai sodat dit makliker na ons mond vervoer kan word.
Daar is verskeie soorte pasteie sodat elkeen een kan vind waarvan hy of sy hou. Vanjaar gee ons jou die keuse van ʼn vegetariese pastei óf ʼn beesvleispastei. Hier is ook ʼn heerlike resep vir ʼn hoenderpastei en herderspastei.
As jy dit vanjaar waag om iets nuuts te beproef, volg hierdie resepte vir twee smullekker spogpasteie.
Marokkaanse botterskorsie-, sampioen-en-amandelfillopastei
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele
VULSEL
- 10 ml olyfolie
- 15 ml botter
- 150 g knopiesampioene
- 100 babasampioene
- 5 ml paprika
- 2 ml gemaalde komyn
- sout en swartpeper
- 500 g geroosterde botterskorsie, in blokkies gesny
- 125 g fetakaas
- 45 ml dukkah
- 50 g amandels, gerooster en gekrummel
- 45 ml vars koljander, gekap
FILLOPASTEI
- 45 ml olyfolie
- 6 velle fillodeeg, in groot blokke gesny
- 30 ml wit sesamsade
Metode
- Verhit die olie en botter in ʼn pan en braai die sampioene vir 5 minute.
- Voeg paprika en komyn by en braai vir 2 minute.
- Stel die hitte af en voeg die oorblywende bestanddele by. Meng en hou eenkant.
FILLOPASTEI
- Verf die filloblokke liggies met olyfolie en rangskik bo-op mekaar sodat dit oorvleuel.
- Skep die afgekoelde vulsel in die middel van die pasteideeg en vou die deeg om sodat dit die vulsel toemaak.
- Verf weer bo-oor met olyfolie en sprinkel sesamsade bo-oor.
- Plaas die pastei op ʼn bakplaat en bak vir 20-30 minute by 200 °C, of tot goud en krakerig.
Bier-en-beesvleispastei
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 1 kg beesvleisdikrib, in 2,5 cm-stukke gesny
- sout en peper na smaak
- olyfolie
- 4 preie, goed gewas en gesny
- 2 stingels seldery, fyn gesny
- 2 wortels, fyn gesny
- 4 knoffelhuisies, gekap
- ⅓ k meel
- 300 ml bier
- 2 k of 500 ml beesvleisaftreksel
- hand vol vars tiemie
- 2 lourierblare
- 500 g dik gesnyde sampioene
PASTEI
- 1-2 velle blaardeeg (puff pastry)
- 1 eier, geklits
Metode
VULSEL
- Geur die vleis met sout en peper.
- Verhit ʼn bietjie olyfolie in ʼn pot en braai die vleis daarin tot dit gaar is. Hou eenkant.
- Draai die hitte af na medium en giet weer ʼn bietjie olyfolie in. Voeg preie, seldery, wortels en knoffel by en braai tot sag en soet.
- Voeg meel by en meng tot al die groente bedek is.
- Voeg bier, aftreksel, tiemie en lourierblare by en meng goed.
- Laat prut en bedek die pot.
- Verminder hitte en los vir 2 uur tot vleis sag is.
- Verwyder die deksel en laat sous verdik.
- Voeg sampioene by en meng goed.
- Geur na smaak.
PASTEI
- Verhit oond tot 200 °
- Giet pasteivulsel in ʼn pasteibak van omtrent 25 cm x 20 cm x 4,5 cm.
- Bedek met blaardeeg en sny ʼn paar stoomholtes in. Verf met eier en bak vir 30-40 minute of tot die deeg goudbruin en deurgaar is.
Resepte: South-African Mushroom Farmers Association (SAMFA)
Dankie! Iets heeltemal anders as hoenderpastei en hoenderpastei. Ek is versot op hoenderpastein, maar soms wil jy net iets anders maak. Happy Pie Day..
Lekker kos wat gerek kan word!
Dis nou bo-baas kos! Sit die pastei in die yskas en eet later verder…
Nota vir geheel-onthouers: vervang bier met jou gunsteling vrugtesap.
Die smaakkliere bieg intense begeerte.
Wonder of pynappelbier of appelbier sal werk vir die Bier en Beeslvleispastei siende dat mens nie meer bier kan koop nie.