Soorte resepte:

Vrugtelollies vir jou vierpoot

Vrugtelollies. (Foto: Bake & Bark)

ʼn Gesonde lekkerny vir jou vierpootvriend.

Hierdie resep moet nie as ʼn etevervanger beskou word nie. Raadpleeg eers ʼn kenner en voer jou hond verantwoordelik en met matigheid. Koop die Bake and Bark-resepteboek hier aanlyn.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1 appel
  • 1 piesang
  • ¼ koppie aarbeie
  • ¼ koppie bloubessies

Metode

  1. Sny die appel, piesang en aarbeie in klein blokkies.
  2. Sit die vrugteblokkies in ʼn bak en voeg die bloubessies by.
  3. Skep die vrugte in die yslollie-gietvorm en laat dit in die vrieskas stol. Sodra dit gevries is, verwyder die plastiekhandvatsels en bedien die vrugtelollies.

Wenk: Kook die vrugte in water vir vyf minute om dit sag te maak vir ouer honde.

Bron: Bake and Bark deur DARG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.